Hoekom lees?

Hoekom lees?

…want dis goed vir jou en dit was daar voor movies!

Die proses van lees; die herkenning van letters, wat ʼn woord vorm, wat saam ʼn sin vorm wat ʼn bepaalde betekenis het gebruik verskeie dele van die mens se brein om te kommunikeer. Dit is ʼn algehele komplekse ding wat gebeur wanneer mens lees, maar sekerlik van die ongelooflikste is, dat wanneer jy ʼn interessante of spannende boek lees selfs jou liggaam sal reageer.

Daar is natuurlik ook die besondere magiese belewing wanneer boeke stories vertel wat ongelooflik en toweragtig is. Die leser kan hom- of haarself behoorlik inleef in die wêreld van die boek. Ek dink hier byvoorbeeld aan boeke soos; die Harry Potter reeks, die Witcher-boeke of vir die brawes onder ons, die riller reekse van Stephan King of Stieg Larsson.

Stimulasie vir die moderne brein

Die belangrikste argument waarom dit goed is om te lees, is seker dat dit jou brein stimuleer. Jou brein is ʼn spier en spiere kort oefening om sterk en gesond te bly. Die geleerde term vir hierdie eienskap van die brein is neuro-plastisiteit; dit beteken die brein kan geduring nuwe dinge leer en eindelose verbintenisse vorm. Die proses en aktiwiteit daarvan om te lees, bevorder hierdie plastisiteit.

In vandag se tyd is dit algemene praktyk om meer op tegnologie gefokus te wees met dinge soos Netflix, Showmax, stromingsplatvorms, videospeletjie en rekenaarspeletjies. Hierdie dinge is als wonderlike uitvindsels en ek hou self daarvan om van tyd tot tyd totaal verlore te raak in ʼn film of rekenaarspeletjie. Ongelukkig is dit ook waar dat al hierdie lekker dinge op toestelle verbruik word wat nie altyd so voordelig is vir ons gesondheid nie. Die nadele van moderne tegnologie daar gelaat.

Ek wonder hoeveel mense werklik bewus is daarvan dat baie films en rekenaar speletjies hul oorsprong het in gewilde boeke en boekreekse. Die beste voorbeeld uit die laaste 6 maande is dié van die Witcher-reeks wat tans op Netflix beskikbaar is. Die tv-reeks is gegrond op die reeks boeke van Anderzej Sapkowski wat die wel en weë van ʼn “witcher” genaamd Geralt van Rivia volg. Naas die boeke het ʼn baie winsgewende rekenaarspeletjie reeks gevolg. Hierdie reeks speletjies het verskeie mense geïnspireer om die boeke te gaan lees, omdat hulle meer van die karakter Geralt wou leer, en selfs meer mense het die boeke opgesoek na die vrystelling van die Netflix-reeks.

Laastens is daar ook die feit dat volgehoue stimulasie van die brein siektes en toestande soos Alzheimer se siekte en Demensie. Deur te lees kan jy help om jou brein gesond en funksioneel te hou sonder dat jy dit eers besef – met ʼn lekker storie.

 

Lees as ʼn verbeeldingsvlug

Nes die inleiding meld, voor die uitvindsel van video en bewegende prente en animasie, was boeke die nommer een manier om ʼn storie oor te dra en te beleef.

Die vermoë wat boeke het om ons verbeelding te stimuleer en onwetend ons breine aan die gang te kry is beslis ʼn goeie rede om te lees. Jy verbreed jou horisonne en kan verskeie dinge leer deur boeke te lees, want boeke is nie net storie nie. Daar is boeke wat fokus op hoe om spesifieke dinge te doen, wat die aard is van dinge en jy kan oor absoluut oor enige onderwerp onder die son ʼn boek vind om te lees.

As ʼn absolute boekwurm, het my eie verbeelding nogal ver gereis met behulp van boeke. Daar is selfs studies wat bevestig dat die gedeelte van ʼn mens se brein waar die verbeelding geleë is, gestimuleer word deur die lees van boeke.

Dis plesierig!

Lees hoef nie altyd as werk gesien word nie. Dit is so dat die manier waarmee ons moderne samelewing omgaan met die aktiwiteite van lees, dit as werk gesien of beskou word. Veral deur kinders en leerders op skool. Die oorgrotere meerdereheid van hulle sien lees as werk, en dit moet nie so wees nie. Ons moet ons kinders aanmoedig om te lees want dit is lekker. Net soos wat dit lekker is om te gaan fliek of ʼn film op Netflix te kyk.

Lekker lees en mag jy hope boeke vind om te lees.

Ekstra!

*  As jy nòg redes soek vri hoekom kinders spesifiek moet lees, gaan kyk gerus na Christien Neser se boek Help! My kind is anders E-boek

 

 

 

 

 

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Powered by WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: