Onnies Vs Experts

Na aanleiding van ‘n artikel wat ek onlangs op die internet gelees het…. Ek kan jou hoor tot hier! Jy dink seker dis een of ander fake news of wikipedia-duimsuig ding. Dit is wel ‘n artikel wat ‘n aktuele onderwerp aangeroer het, die sogenaamde onderwyser en die kenner – Onnies teenoor Experts.

Hierdie is ‘n onderwerp waaroor ek al met menige van my klasmaats op skool asook op universiteit gesels het. Selfs as lektor en tutor vir grootliks skoliere, word dié vraagstuk gereeld geopper. Gewoonlik is dit ‘n teen en vir argument wat lei tot meningsverskille, maar in hierdie artikel wil ek beitjie meer objektief hierdie vraagstuk bespreek.

Die skrywer van die artikel Those Who Can Do, Can’t Teach, is Dr. Adam Grant, ‘n bedryfsielkundige. Alhoewel hy self ‘n kenner op sy gebied is, blyk dit dat hy ook vir dié van ons kan skryf wat nie ‘n kenner is nie.

Kom ons begin by sekerlike die grootste aanname agter hierdie debat: “As jy die beste wil wees in wat jy doen, leer by die beste.” Dis is moontlik die grootste rede hoekom mense hulself onder druk plaas om by spesifieke instansies te studeer of te werk. Klink dit nie bekend nie? “Ek wil na hierdie skool of universiteit toe gaan, want hierdie en hierdie persoon werk daar, óf het daar gestudeer.”

Grant waarsku teen hierdie aanname en verskaf die volgende voorbeeld van Albert Einstein en fisika. Toe Einstein by die Universiteit van Bern begin werk het, was dit ‘n vereiste dat hy moet klasgee in sy vakgebied. ‘n Praktyk wat nog steeds in universiteite wêreldwyd ontplooi word. ‘n Skamele 3 studente het ingeskryf vir sy klas en hulle was sy vriende. Op verskeie plekke in die biografie van Einstein deur Walter Isaacs, word dit genoem dat Einstein nie ‘n goeie “prater” of nie eintlik ‘n inspirerende onderwyser was nie. Tog is Einstein menige mense se held in die veld van fisika en wetenskap. Hiermee ontken nie ek of Grant in sy artikel Einstein se bydra tot ons kennis van die fisika en wetenskap nie. Grant onderstreep bloot ‘n waarneming dat individue wat die beste is in hulle veld, die genieë, nie deur die bank goeie onderwysers is, wat ander kan leer om te doen wat hulle doen nie.

Die ooglopende rede hiervoor lê nie in hierdie individue se onkunde, swakheid of onbeholpenheid nie, maar 3 spesifieke aspekte wat te wyte is aan die algemene omstandighede waarin hulle hulself bevind.

Eerstens is hierdie eksperts, juis eksperts omdat hulle reeds vir ‘n lang tyd reeds ‘n spesifieke onderwerp bestudeer. Ons praat hier van jare se tyd en energie wat op ‘n spesialiteitsvlak gespandeer word om die beste te wees, soos Einstein met sy relatiwiteit teorie. Hierdie individue sal byvoorbeeld inligting oorslaan omdat hulle dit reeds as vanselfsprekend aanvaar en hulle studente daardie vanselfsprekende inligting nodig het om te verstaan op die vlak wat hulle iets verduidelik. Grant noem hierdie die “Curse of Knowledge” en dit is moontlik dat kennis in sommige kontekste ‘n vloek kan wees eerder as ‘n seën.

Byvoorbeeld, jou letterkunde professor bied ‘n lesing aan oor ‘n roman soos Frankenstein (Shelly, 1818) en fokus op die rol van die monster as ‘n konstruksie van die onbewuste deur Viktor Frankenstein as gevolg van sy ervarings van verwerping. Almal het basiese kennis van Frankenstein, dit is immers ‘n gewilde kostuum tydens Halloween hierdie tyd van die jaar. Maar as jy ‘n eerstejaar op universiteit is en jou professor doen nie die moeite om vir jou te verduidelik wat presies hy met die onbewuste bedoel en watter teorie hy gebruik om sy analise en argument te voer nie. Hy val net weg met sy teorieë en gebruik terme waarmee jy glad nie bekend is nie, maar vir iemand wat sy hele lewe al met Freudiaanse teorieë werk is al hierdie inligting vanselfsprekend.

Die tweede aspek is, hoe moeilik het hierdie persoon die materiaal gevind wat hy nou self vir jou probeer verduidelik? Indien dit is, soos in meeste gevalle met genieë, dat hy of sy nie juis gesukkel het nie, dan sal hulle nie vir jou met intense presiese kan verduidelik wat die slaggate lê nie. Grant gebruik die voorbeeld van sy swemafrigter, wat weens ‘n besering nie sy olimpiese doelwitte kon bereik nie en noodgedwonge ‘n afrigter moes word. Teenoor ‘n talentvolle duiker, vir wie hy gevra het hoe om ‘n drie-dubbele bollemakiesie duik te doen. Die swemmer het bloot geantwoord: “Go up in a ball and spin fast.” Sy afrigter kon vir hom ‘n presiese instruksie gee oor waarvoor om uit te ken, waarvoor om versigtig te wees, hoe dit gaan voel en waar hy moet kyk om sy duikpatroon reg te kry. Die talentvolle swemmer dink nie hieroor nie – hy spring net.

Die derde en belangrikste aspek is hoe goed kan hierdie persoon kommunikeer? Gaan hy of sy vir jou alles in diepte vertel en verduidelik waar die verwarrings en slaggate lê of gaan jy net die hooftrekke kry, want jy weet mos die basiese goed (‘n aanname vanaf die expert se kant).

‘n Kombinasie van hierdie drie aspekte is wat die onnies van die experts skei. Onderwysers (teachers) is die mense wat ander effektief iets kan leer, soos hoe om iets te doen, te verstaan. Kenners of geleerdes (experts) is weer individue wat alles van alles weet in hul spesifieke vakgebied. Genieë val ook onder hierdie kategorie, omdat hul kennis grootliks as ingebore voorkom en nie voel hulle moet verduidelik wat hulle doen nie. Hierdie perspektief berus natuurlik ook op nog ‘n aanname omtrent sukses.

Die aanname is bekend aan ons almal; sukses is gelyk aan baie geld. Dat jy die beste is in jou veld en daarom die meeste geld kan vra vir jou dienste of produk. Hierdie is tog die verkeerdste ding om sukses op te baseer. Hierdie aannames oor hoe sukses gedefinieer word bepaal direk hoe goed ‘n onderwyser is.

Die belangrikste punt van Adam Grant se artikel en ook hierdie inligtingstuk is dat “doen” en “leer” nie gelykstaande is aanmekaar nie en dat beide ‘n vaardighied is wat geleer kan word en ontwikkel kan word. Dus kan ‘n “Expert” soos Einstein leer hoe om effektief te kommunikeer sodat sy studente ook kan verstaan waarvan hy praat, so ook die letterkunde professor. Terselfdertyd is dit ook moontlik vir ‘n onderwyser, iemand wat goed is daarmee om iemand anders iets te leer, om ‘n kenner te word en sy eie kennis te verdiep. Dit is bloot ‘n kwessie om jou vaardighede skerp te hou.

Ek nooi jou uit om self hierdie artikel te gaan lees. New York Times Artikel
Ek hoor graag wat jy dink en wat jou ervaring is rondom hierdie vraagstuk.

Bibliografie:

Grant, A. 2019. Those Who Can Do, Can’t Teach. The New York Times. Aanlyn beskikbaar: https://www.nytimes.com/2018/08/25/opinion/sunday/college-professors-experts-advice.html   (Afgelaai op 28 September 2019)

Shelly, M. 1818. Frankenstein or, The Modern Prometheus. Lackington, Hughes, Harding, Mavor & Jones. Verenigde Kongingkryk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Powered by WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: