Wat lees ek?

Eenmaal ‘n boekwurm, ewige leser!  Soos die foto aandui, lees ek ‘n verskeidenheid boeke en ja, ek lees meer as een boek op ‘n slag.  Ek raak met tye verveeld of moeg vir een tipe boek en daarom hou ek daarvan om keuses te hê.

21 Lessons for the 21st Century  – Yuval Noah Harari  (2018)

is nogal ‘n digte boek, wat onderwerpe soos politiek, ekonomie, geskiedenis en verskeie wêreld gebeure met mekaar te probeer koppel.

Ek lees hierdie boek met tussen poses. Alhoewel ek dit amper ‘n jaar terug al gekoop het, vind ek dat na elke hoofstuk, ek eers ‘n bietjie moet gaan nadink oor wat Yuval Noah Harari nou eintlik probeer sê. En soms vat dit my ‘n ruk om die groter prentjie te sien en te verstaan.

Ek moet bieg, wat my die meeste beïndruk het van die boek, is dat daar nie hierdie apokaliptiese vrees in jou geboender word oor die toekoms nie. Hy stel al die gebeure wat rondom ons gebeur, soos Donald Trump se verkiesing as die VSA se president, die Brexit vraagstuk ens. in ‘n lig wat minder intimideernd is, en dat dinge slegs sal verander. Verandering is tog konstant en nie noodwendig die einde nie. As jong persoon laat hierdie boek my minder stres oor die toekoms en leer ek ‘n paar lewensvaardighede terselfdertyd.

May we borrow your language  – Philip Gooden (2016)

is wat ek ligte en vinnige lees werk sal noem. Dit is die boek wat op die oomblik oral saam met my gaan. As ek 10 minute iewers vir iemand moet wag, dan lees ek hierdie boek. Dit bevat hope interessante inligting oor die linguistiese herkoms van verskillende Engelse woorde.

Hierdie is die tipe boek wat ek lees vir pure nuuskierigheid en omdat dit grens aan my navorsingsveld en wye veld van belangstelling in tale en hoe tale reis. Byvoorbeeld; die “th-“klank inEngels was vroeer anders geskryf, omdat die Romeinse Alphabet, dit was ons vandag gebruik, nie ‘n letter gehad het om die klank voor te stel nie. Alhoewel die simbool Þ in die Ou Engels gebruik is om die “th”-klank aan te dui. Die skryfwyse van hierdie simbool het wel later verander soos die Romeinse skryfwyse na England begin beweeg deur middel van die Christendom. Die Þ – simbool is late op ‘n soortgelyke manier as die y geskryf, en dit is die rede warom baie ouer Engelse tekste en selfs kroegname steeds heet “Ye Olde Taverne” of die bekende kerslied “Come all ye faithful”. Dit moes eintlik wees “Come all the faithful” en daarmee saam ontstaan daar ‘n klein verskil in betekenis.

Hierdie boek bied ‘n langlys inskryweings gebaseer op ‘n lys van ‘n 100 plus woorde wat reik vanaf ‘n woord soos “manure” to ‘n meer onlangse verskynsel soos ‘n “meme”.

Blou Maandag  – Saamgestel deur Kerneels Breytenbach  (2010)

Hierdie boek is ‘n versameling kortverhale deur verskillende skrywers, waar hulle ‘n spesifieke Blou Maandag van hul eie onthou of vertel. Dit is nou vir wanneer jy net’n lekker storie wil lees en bietjie by jouself wil giggel omdat jy die versekering kry dat iemand ook ‘n goor Maandag beleef het. Dalk was die karkters s’n selfs erger as jou eie ervaring.

Dié boek woon al ‘n geruime tyd in my kampsak en hopelik sal ek hom klaar gelees hê met die volgende wegbreek die boendoes in.

Hoe om jou draak se toorn te tem – Cressida Cowell (2018)

Dit is die Afrikaanse vertaling van die gewilde How to train your dragon-faam. Dit is ook dié boekreeks waarop die animansie film, en nou ook Netflix-reeks, met dieselfde naam geskoei is.

Gaan lees gerus ‘n jonger leser se resensie van hierdie boek – hy stem ook dis ‘n super cool boek!

LitNet Resensie – Hoe om jou draak se toorn te tem

Ek het hierdie boek ‘n wonderlike avontuur gevind, al lees ek die laaste boek in die reeks, eerste. Dit maak my nou juis nuuskierig oor al Harwarus se avonture. Hoe hy die verlore toebehore opspoor wat maak dat hy die koning van die argapel word. Tingerige mannetjie wat hy is, is hy braaf, wys en vasbeslotegenoeg om selfs seedrake, seerowers en nog baie ander vyande aan te pak sodat hy en sy rydraak, Tandloos gelukkig saam in die argapel kan leef.

Ek beveel hierdie reeks definitief vir ‘n vakansie lees, veral ‘n wintervakansie aan – dit gaan jou vir ure laat lees. Ek is mal oor die 12de boek en daarmee saam gaan ek nou die vorige 11 boeke op ‘n streep deurlees. ‘n Harry Potter van ‘n Viking avontuur!

Hierdie is die boeke wat ek op die oomblik lees of onlangs klaar gelees het. Ek beveel hulle almal aan en laat weet gerus wat jy dink as jy dalk een van hierdie boeke self gelees het.

Groete uit die Kaap.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Powered by WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: