Hoe behoort jy nou eintlik te studeer?

Hoe om te studeer : Die sprong van skool na universiteit.

Jy het seker op hierdie plasing geklik, omdat jy nie ‘n idee het waar en hoe om te begin nie. Touché, jy is op universiteit wat beteken jy is ‘n slim persoon wat jou kennis wil bevorder en verbeter. Jy weet ook dat jy jou ali moet afwerk om goeie punte te kry.

Op skool het dit beteken dat jy feite moes memoriseer, vrae en model antwoorde moes leer en ‘n klomp goed moes lees en opsom. Net om dan weer die opsomming te moet “leer” m.a.w. memoriseer. Ek dink jy kry die boodskap, op skool was die sleutel tot suskes memorisering.

Hierdie plasing gaan jou help om die sprong tussen jou grootliks “memorisering-metode” en die geintergreerde en toepasingsmetodes op universiteit te maak.

Universiteitstudie is verskillend van skool. Eerstens, niemand gaan jou motiveer en voorsê om te gaan studeer nie. Jy is op jou eie en uit vrye keuse daar. Meeste van jou klasse sal vereis dat jy konsepte leer en dan daardie konsep moet kan definieer en identifiseer. Verder sal jy moontlik teorieë moet verstaan, kan verduidelik en moet kan toepas. Indien jy aan die meer wetenskap kant van die spektrum studeer – sal memorisering wel ‘n deel van jou studie arsenaal uitmaak, maar die praktyk sal waarskynlik ‘n groter aspek wees. Hier dink mens aan chemie, wiskunde, finansiele wiskune, statestiek, fisieka en al die vakgebiede waar formules gebruik word om verskillende dinge te bereken. Wanneer ons na die meer geesteswetenskappe gedeelte van die spektrum kyk, gaan jy baie meer geintegreed te werk moet gaan en waarskynlik ‘n bietjie-van-alles benadering moet gebruik om by te hou.

Wat bedoel ek met ‘n bietjie van alles? Wel, jy moet eerstens weet hoe om verskillende metodes in te span om een aspek deeglik te bestuder. My eie navorsing en studie geskiedenis is in die letterkunde en ‘n bietjie in die omgewingstudieveld. Daarom sal ‘n voorbeeld dalk beter werk.

2012 – Anke Theron aan die Universiteit van Kaapstad:

  • 4 kurssusse in semester 1
  • 3 kursusse in semester 2

Hoofvak: Engelse Letterkunde (Afrika- en Suid-Afrikaanse literatuur & Romatiese Literatuur)

Semester 1:

  • English Language & Literature: Shakespeeare & Company (2 opstelle en eksamen)
  • English Langauge & Literature: South Afrikans literature (2 opstelle en eksamen)
  • Environmental & Geographical Sciences: The Physical Environment (3 klastoetse, 2 Opstelle en eksamen)
  • Classical Literature & Thought: Ancient Mythology (3 opstelle en eksamen)

Semester 2:

  • English Language & Literature: Shakespeeare & Company (2 opstelle en eksamen)
  • English Language & Literature: African literature (2 opstelle en eksamen)
  • Environmental & Geographical Sciences: Climate Science (3 Klastoetse, 2 Opstelle en 1 eksamen)

Soos jy kan sien was my keuses vir 3de jaar nie baie slim in terme van werklading nie. Jy moes my 2de jaar kursuslading sien – ek was of mal of buite perke gemotiveerd! Die punt is, vyf van die bogenoemde kursusse was lees intensief, m.a.w. romans, kortverhale, dramas en poësie. Selfs vir die wetenskap kursusse moes ons ‘n aantal akademiese artiekels en handboeke deurwerk. Daar was natuurlik ook ‘n goeie posrsie teorie artikels en boeke om deur te werk.

Met my huidige kennis sou ek hierdie kursuslading soos volg aanpak:

  1. Lees elke dag en verdeel die leeswerk in weeklikse doewitte. En hou daarby, moenie agter raak nie.
  2. Som die tekste op in jou eie woorde soos jy dit lees. Met verwysings, bladsynommers ens.
  3. Soek een dag in die week waar jy 2 tot 4 ure oop het en gebruik dit om die week se werk te bestudeer. Sodoende verwerk jy net die week se kennis op ‘n slag.
  4. Identifiseer watter inligting jy met watter studiegereedskap gaan bestudeer.
  5. Gebruik dan die klein gapings in jou rooster om afgebakende gedeeltes van die werk te leer en weekliks of tweeweekliks te hersien.
  6. DIE GOUE REEL – ‘n klein bietjie werk elke dag, betaal beter rente as ‘n BERG werk op 1 dag.
  7. Indien jy ou vraestelle kan opspoor vir die kursus wat jy doen, probeer deur daardie vraestelle werk – dit gee mens ‘n goeie idee van hoe jy geassesseer sal word in die eksamen.

Dit is bloot my ervaring en ‘n paar behulpsame wenke wat ek in een samehangende skryfstuk saamgesit het. Voeg gerus jou eie ervaring hierby. Geen twee mense se manier van leer en kennisprosessering werk op dieselfde wyse nie. Neem wat jy dink van hulp sal wees en pas dit aan vir jou eie doeleindes.

My raad is natuurlik ook geinspereer deur ander bronne – ek moes ook iewers my vaardighede leer.

Daar is baie behulpsame hulpbronne op die internet beskikbaar buiten my karigge blogpost. Die volgende bronne het my gehelp om my eie studiemetodes en benaderings te verbeter. Veral omdat niemand pertinent hierdie vaardigheid vir jou gaan leer nie. Laatstens wees bewus dat dit ook ‘n ewige leerproses sal wees – geen studiemetode is te goed om te verberter nie.

1. Thomas Frank – College Info Geek (Entrepreneur en gewese student)


Thomas kan bestempel word as die ware “Jack-of-all-trades”, ‘n verwysing na hoe om die beste en effektiefste student te wees. Sy YouTube kanaal was die 1ste een wat ek begin volg het vir raad oor my eie studies in my finale BA jaar (2012). En steeds vind ek sy YoutUbe videos en Posdcast super handig. Hy het raad vir van hoe om vinniger jou opstelle te voltooi tot hoe jy meer produktief en gesonder kaan leef. Hy en sy vriend Martin Boehme gesls oor verskeie onderwerpe op hul Podcast wat op verskillende webtuistes/podcats dienste beskikbaar is. Ek luister amper elke week daarna op Spotify. Die College Info Geek webtuiste het raad oor alles wat met universiteit te doen het, van watter koshuis goed jy moet saam neem tot hoe jy jou notas moet bestuur.
Net een woord van waarskuwing: Thomas Frank woon in die VSA en dus werk alles volgens hulle “college” sisteem en sal jy hier en daar dige moet aanpas vir die Suid-Afrikaanse konteks.

High-5 to Thomas Frank for all the unknown help he has given me. Ek beveel ongetwyfeld sy webtuiste en YouTube kanaal aan.

 

2. Ali Abdaal – Junior Doctor in Cambridge

 

 

Ali Abdaal .png

Hierdie jong dokter is ‘n prokutiewe nerd en het eindelose wenke. Alhoewel hy op die Verenigde Koningryk se sisteem werk, beteken nie jy kan nie ‘n wenk of kortpad afkyk nie. Hy het ‘n paar interessante vlogs en video’s op YouTube. Hy en sy broer, ‘n data ingeneur, het ook ‘n podcast wat nogal interessant is om na te luister, as podcasts jou ding is.

3. Simon Clark – Simon@OXphys  SimonOxfPhys

Simon Oxfphys.png

Hierdie coolcat het ek ontdek aan die einde van my Meersterstudie ontdek. Ek wens ek het dit vroeer ontdek. Dr. Simon Clark is ‘n kenner op die gebied van klimaatsfisieka en weerstoestande. Hy het onlangs sy Doktorsgraad voltooi en maak vlogs en videos oor klimaatsverandering, hoe die verskillende dele van die atmosfeer werk en laatstens het hy ‘n projek begin by Oxford Universiteit waar voorgraadse studente hul eie ervarings van die universiteitslewe vlog. Hy is beslis ‘n interessant knaap om dop te hou. Van sy eerste videos help hoerskool leerders om aansoek te doen vir universiteit en hy gee algemene studie raad. Snuffel gerus op sy YouTube kanaal en webtuiste rond.

4. Jake Wright – The Cambridge CompSci  Jake Wright

Jake wright.png
Hierdie jongman het ‘n vlogreeks begin oor sy lewe by Cambridge Universiteit in die VK. Hy gee ook raad oor studieroosters ens. Ek het sy YouTube kanaal ontdek toe ek omtrent halfpad deur my Meestersstudie was. Ek het grootliks sy videos gebruik as motivering, wanneer ek nie ‘n goeie dag gehad het nie.

Jake het ook video’s oor basiese programmering, waarvan ek al ‘n paar probeer het, wat nogal interessant is om te probeer. Veral as jy nie ‘n programering persoon is nie.

Ek weet hierdie plasing was nogal lank, definitief langer as gewoonlik, maar ek hoop dat jy iets van hulp hieruit kon haal.

Lees ook:

Eksamen wenke

Elektroniese Notas of Handgeskrewe Notas

Studiegereedskap

Alles van die beste vir die tweede helfte van die akademiese jaar.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Powered by WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: