Eksamen wenke

Hierdie plasing is seker die mees gesoekte en google’de onderwerp onder die son. Daar is honderde videogrepe en YouTube video’s wat  raad oor hierdie onderwerp uitdeel en hier is ‘n kortlys van plekke waar ek self al gaan hulp soek het.

1. College Info Geek – https://collegeinfogeek.com/
Thomas Frank is iemand wat baie van sy tyd spndeer om studente te help om te presteer deur goeie gewoontes te kweek en te bevorder. Beter nog, deur video’s op YouTube te plaas waar jy tonne wenke oor verskillende aspekte van jou studies kan kry.

Selfs al is jy nie meer ‘n student nie, het hy ook wenke oor produktiwiteit, leefstyl keuses, gesondheid en vele meer. Hy is natuurlik in Amerika gebasseer, so alles is nie altyd gepas vir die Suid-Afrikaanse konteks nie. Tog is meeste van sy raad goed nagevors en hy praat uit ondervinding. Ek beveel regtig sy webtuiste en YouTube kanaal aan. Hy en sy beste vriend Martin het ook ‘n podcast, as jy in sulke dinge belangstel

2. Ali Abdaal – https://aliabdaal.com/
Ali Abdaal is ‘n dokter-in-opleiding in Cambridge, Engeland. As jy super hard vir jou graad wil studeer, is hierdie die man om by raad te vra.

Hy het artikels, aanlyn gidse en boeke op sy webtuiste waar hy mediese studente raad gee oor die betrokke standaard toetse. Ek is ongelukkig nie seker oor die Suid-Afrikaanse konteks ten opsigte van mediese toelatingsvereistes en toetse nie. Laat weet gerus as iemand will raad gee hieroor.  Hy het soos College Info Geek wenke oor studie metodes, roetines en hulpmiddels wat ek baie behulpsaam gevind het.

NerdLiterêr se wenke (Vlak 1)

(Verwag ‘n latere plasing met Extra-indiepte wenke!)

1. Studierooster

Daar is geen mooi manier om dit te sê nie – ‘n studierooster is ‘n moet! My raad is plot vir jouself die maand uit soos ‘n kalender en merk dan watter dae jy watter vak of onderwerp gaan bestudeer.

Byvoorbeeld: Jy skryf oor 5 vakke eksamen. Die datums is soos volg: 28 Mei , 30 Mei, 31 Mei, 3 Junie en 5 Junie. Goed, dit lyk vreesaanjaend… ek weet.
Jy plot dan vir jou 28 April Mei tot 10 Junie op ‘n kalender uit, soos hieronder:

Ek het hierdie webtuiste www.worksheetworks.com handig gevind om die bogenoemde rooster te maak.

Nou merk jy die eksamens datums, met die tyd wat jy skryf. Goed, nou begin jy om jou werk te priotitiseer. Watter vakke het baie leeswerk, baie leerwerk waar jy datums of getalle moet onthou en watter vakke vereis berekeninge of toepassings wat jy moet oefen.

Nadat jy uitgewerk het waar die meeste werk lê, begin jy bereken hoeveel “sessies” jy dink jy gaan nodig hê om al die werk te verwerk, om dit op te som, te leer en gememoriseer te kry.

Begin nou invul waar jy watter materiaal gaan studeer. Hieronder is ‘n voorbeel uit my eie voorgraadse studies.

2. Roetine

Ek weet dit is nie almal se voorkeur nie, maar vir my het dit baie gehelp. Begin deur ‘n roetine uit te skryf vir jouself; dit hoef nie perfek of hiper-realisties te wees met tye en al nie.

Bloot ‘n rowwe plan, byvoorbeeld: jy gaan elke middag van 14:00 – 15:00 ‘n uur aan jou leeswerk spandeer, of jy gaan jou leeswerk doen terwyl jy vir ‘n taxi, bus of trein wag. Ek het vir ‘n groot deel van my studentelewe trein gery en al my leeswerk op stasies, op die trein of bushaltes gedoen. Dit was toe nog veilig om dit te doen.

Dit help ook om hierdie aspek op papier te sit sodra jy weet wat jou ander verpligtinge soos klasse, tutoriale, buitemuurse aktiwiteite ens is.

3. Elke dag ‘n bietjie, betaal beter rente…

Hierdie mantra is seker die grootste paradoks wat ek al teëgekom het. Eerstens maak dit logies sin om eerder elke dag ‘n klein bietjie te doen en sodoende met tyd ‘n groot hoeveelheid te akkumuleer. Dit wil sê, deur elke dag 25 bladsye te lees , sal jy oor ‘n maand 750 bladsye gelees het.

Tweedens is daar dae wat selfs die bietjie te veel sal voel of iets onverwags gebeur en jy kan nie die bietjie per dag gedoen kry nie.

Die geheim van hierdie mantra is om selfs die kleinste hoeveelheid tyd as genoeg en voordelig te sien. In die konteks van eksamenvoorbereiding, indien jy elke dag ‘n uur lank spandeer aan elke klas/kursus se werk, met die verloop van die semester, sal jy teen die eksamen periode hopelik net ‘n bietjie ekstra werk hê om in te haal. ‘n Voorbeeld uit my eie voorgraadse studies:

Ek het elke dag 30-45 minute aan ‘n roman, kortverhale of poësie gelees en dit het veroorsaak dat ek ‘n roman of bundel per week kon klaar lees. Ek het ook elke tweede dag notas, opsommings en belangrike aanhalings neergesrkyf vir hersiening. Op hierdie manier het ek teen die eksamen tyd net nodig gehad om beknopte notas, “mind-maps” te maak en moontlik ‘n enkele teks klaar te lees.

Hierdie wenke en verwysings is slegs my personlike opinies en ervarings. Maak gerus gebruik van wat jy dink vir jou handig en toepaslik sal wees.

Jy kan hierdie eksamen wys wie is baas. Sterkte aan almal vir die eksamen periode wat voorlê.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Powered by WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: