Die lewe se verantwoordelikhede en werk

Dag!

Jammer vir die M.I.A. die laaste paar weke. Indien jy nie ‘n gereelde leser is nie, sal jy sal jy niks agterkom nie.

Jy is dalk nou op universiteit en vir die eerste keer is jy in meeste opsigte verantwoordelik vir jouself, in opsigte wat jy nie nog nie regtig baie aan gedink het nie. En dit kan oorweldigend wees.

Dalk is jy ‘n nagraadse student wat vir die eerste keer werk. In my geval leef ek nog ietwat tussen wêrelde. Die volgende behoort vir jou ‘n idee te gee:

Ek is ‘n afgestuddeerde Afrikaanse letterkunde en literêre teorie student wat verskeie taal- en kommunikasieklasse op ‘n deeltydse basis gee by die Universiteit van Kaapstad. By gesê ek gee klas binne die mediese en onderwysfakulteite. Ek is self nog besig om aan navorsing te werk wat hopelik sal lei tot ‘n PhD-kwalifikasie. Ek tutor ook ‘n paar hoërskool leerders en skryf boekresensies as ‘n kantlynprojek. Kyk gerus onder die boeke-afdeling.

Ek het gewonder of daar nog mense in my posisie is wat  sukkel om soms by te hou met hulle skedule en al die verwagtings en verpligtinge. Amper al my werk is deeltyds en in sommige opsigte vryskut. Elke aspek vereis sy eie pond vleis.

Daarom deel ek hier ‘n paar wenke – dis nie ‘n wonderkuur nie! Ek deel bloot raad oor hoe ek die verskillende aspekte van my lewe tans balanseer. Nie dat ek dit aldag reg kry nie.

1. Dagboeke, Googl Calendar ens.

Ek het vroeër ‘n artikel geplaas oor hoe ek verskillende gereedskap gebruik om my lewe te organiseer. Vind die artikel hier: Hoe ek my dag organiseer

Verskillende stukke gereedskap hou my bewus van afsnydatums, vergaderings, klastye en verskillende belangrike goed wat gedoen moet word. Wat ek nie in die vorige artikel genoem het nie, is dat mens hierdie verskillende dinge opdatum moet hou, gereeld nagaan en hersien. En dit is die tweede belangrike aspek wat wil bespreek.

2. Weeklikse oënskou

Sommige weke red hierdie gewoonte my lewe. Party weke is voller en rowwer as ander, maar ek neem altyd die week wat voorlê in oënskou.
Al wat vereis word is om 1 week vooruit te kyk. Jy beplan alles van wat gedoen moet word, kos voorbereiding, wasgoed tot lesplanne en voorbereidings vir werk. Jy kan dit in jou dagboek beplan, ‘n apartenotaboek of op jou kalendertoepassing van jou keuse. Persoonlik gebruik ek al drie. Belangrike datums in my dagboek in rooipen, ‘n weeklikse te-doen-lysie in ‘n apartenotaboek waar ek gewoonlik al my byderhand tipe notas maak, asook belangrike datums, vergaderings en klastye in my Google kalender toep. Deesdae gebruik ek ook Microsoft se To Do toep – veral omdat jy herrinnerings kan stel met wekkers.

3. Dink aan tyd as water (spaarsamigheid)

Ek vind dat wanneer ek konseptueel aan tyd as water dink, my interne motivering aansienlik toeneem, omdat mens spaarsamig moet werk. Water is ook die sleutel tot lewe en veral na die afglope jaar se watertekorte in Suid-Afrika is mens baie meer bewus van die waarde van water. Die spreekwoord beklemtoon altyd tyd is geld – ek sê tyd is water.

Daar moet ook ingedagte gehou word dat indien tyd(water) konstant loop, jy so effektief met die beskikbare tyd moet werk. Daarom is elke 15 minute se leeswerk, elke 10 minute se woordeskat hersiening of ‘n nota op jou selfoon om jou te herhinner om vanaand iets voor te berei vir môre, die moeite werd en niks is tydmors as dit jou later kan help nie.

4. Kognitiewe bokse

Laastens probeer ek my lewe verdeel in wat ek noem kognitiewe bokse. Hierdie “bokse” funksioneer soos ‘n groot liaseerstelsel waar ek my universiteitsverwante werk, studie/navorsing en privaat deeltydse werk in aparte “bokse” plaas.

Hierdie manier van dink omtrent my werk help eerstens dat ek nie oorweldig voel nie. Sommige dae probeer ek eenvoudig net te veel balle in die lug hou, wat ongelukkig ‘n verpligte ergenis is om te oorleef.

Ek organiseer ook my skootrekenaar met 2 aparte profiele – ‘n Persoonlike profiel met my tv-reekse, flieks en navorsing op en ‘n werkprofiel met net my werk verwante programme en dokumente.

Hierdie is beslis die nuutste toevoeging tot my plan om my lewe agtermekaar en onderbeheer te hou. Dit beteken nie dat ek altyd alles onder beheer het nie – glo my – ek het dae, soms weke, waar niks reg loop nie. Ek hoop my raad help jou en gebruik asseblief wat jy handig vind en gooi die res weg.

Elke persoon se lewe en brein werk anders.

Sterkte en mooiloop !

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Powered by WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: