Handboeke, Boeke of Tablet of iPad?

Keuses, keuses en wat van die kostes verbonde? Hierdie kwessie is in die laaste 5 jaar ‘n onderwerp wat gereeld onder kritiek deurloop en bekommerde ouers se aandag trek.

Ek het in my ervaring, groot geword met modules, lospapiere, handboeke en gedurende my studies het e-boeke hul verskyning gemaak. Tydens my nagraadse studies het ek my eerste tabletrekenaar gekry en begin om boeke en handboeke daarop te laai. Dit is dus regverdig om te sê dat ek al die beskikbare mediums van kennisoordrag uitgetoets het.

Hierdie plasing bespreek die voordele, nadele en aanbeveling van elke formaat volgens my eie ervaring. Indien jy jou ervaring wil deel en dalk selfs raad kan verskaf, stuur gerus ‘n e-pos of kontak my via Instagram.

Die boek-in-hand ervaring

My studies was grotendeels gefokus op letterkunde en die literêre wetenskap, daarom het ek baie romans, digbundels, versamelings en verhale gelees. In hierdie verband verkies ek ‘n werklike boek. As ek bietjie akademies mag raak; ‘n verhalende leeservaring moet vir my tasbaar wees. Stories verbind ons met die wêreld, die werklikheid en voel nie vir my so werklik as jy dit kan afskakel nie. Die verhalende teks is sò deel van die menslike bewussyn en ons bestaan. Wanneer jy ‘n verhaal lees is daar geen verbintenis tussen jou en die teks wanneer jy ‘n stuk tegnologie vas hou nie. Goed, genoeg akademiese oortuigings.

Die ander aspek van werklike boeke is dat jy enige tyd notas daarin kan maak – indien dit jou eiendom is natuurlik! Die biblioteek sal nie sulke aksies goedkeur nie. In die geval van handboeke en navorsing is dit handig en help dit met my persoonlike leerproses.

Die nadeel hiervan is beslis kostes. Boeke is duur en word om belaglike redes steeds belas (tax), wat indirekte belasting op kennis plaas. Ongelukkig is daar niks wat mens tans hieraan kan doen nie. My raad is daarom om oordeelkundig te wees watter boek jy bereid is om te koop. En of jy dit vir ‘n lang tyd kan gebruik. Koop tweedehands as jy kan. Veral vir studente met spesifieke handboeke. Daar is altyd iemand uit die vorige jaar wat sy handboeke sal verkoop vir ekstra geld en jy mag dalk groot nut uit sy boek put – om nie te praat van die pasella notas nie.

E-boeke op ‘n tabletrekenaar of iPad

Ek het e-boeke eers in my honneursstudies begin gebruik. Alhoewel ek ‘n persoonlike voorkeur het vir werklike boeke, het e-boeke my finansies gered. Naslaanboeke, teoretiese boeke en essaybundels is duur en per geleentheid het die biblioteek nie ‘n kopie nie.

Ek beveel aan dat mens hierdie formaat eksklusief gebruik vir handboeke, naslaanwerk, woordeboeke en ander studiemateriaal. Dit is ‘n kompakte manier om baie boeke byderhand te hê vir daardie halfuur wat jy vir iemand wag, om gou ‘n hoofstuk of selfs ‘n paar paragrawe te lees.

Die rede hoekom ek nie verhale, romans, digbundels of algemene leesboeke op ‘n elektroniese toestel sal lees nie, is hoofsaaklik om gesondheidsredes. Ek is geseën met swak oë, ‘n genetiese oogkondisie en is die laaste paar jaar vatbaar vir ooginfeksies. Dus probeer ek vir die laste 2 jaar my skermtyd beperk tot ‘n maksimum van 4 ure per dag en om gereeld my oë te rus  wanneer ek op my skootrekenaar of tabletrekenaar werk. Volgens my oogarts, verstaan ek dat langdurige skermtyd nie goed is vir enige iemand se oë nie, afgesien van dié van ons met oogprobleme. Dus, moenie tekste op jy tablet of iPad laai waarna jy vir ure gaan staar nie.

Ek verstaan dat die Kindle ‘n goeie alternatief is en aansienlik minder stremming op jou oë plaas, maar dit is ook buite meeste studente se begroting. Asook myne.

Aanbeveling

Oorweeg al die opsies en hou jou leesgewoontes en gesondheid in gedagte.

  • As ‘n wetenskapstudent of navorser – gebruik tegnologie om jou fisiese lading te verminder.
  • As ‘n letterkundestudent of navorser – hou jou romans en verhale op papier.
  • As ‘n regstudent is ‘n e-kopie dalk beter vir lang regsdokumente en verklarende tekste.
  • Indien jy voel ‘n skerm is beter vir spesifieke inligting, maak gerus so. Dink aan byvoorbeel, skrifgrote, lengte van dokument, ens.

Hierdie is bloot my aanbeveling en wat vir my werk. Ek hoop hierdie plasing help jou om die beste keuse te maak wanneer jy handboeke of ander boeke moet aanskaf.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Powered by WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: