Elektroniese Notas of Handgeskrewe Notas

Hierdie is ‘n onderwerp wat al deur baie bloggers, vloggers en verskeie studente al bespreek is. Daarom is my plasing voordiehandligend en deel ek slegs my ervarings en raad. Dit beteken nie dat wat ek hier bespreek die enigste en beste metodes is nie. Gebruik asseblief wat vir jou die beste werk en die maklikste manier om dit vas te stel is om die voordele en nadele op te weeg. Besluit self watter aspekte vir jou die belangrikste is.

Elektroniese Notas

Voordele

  • Party mense tik vinniger as wat hulle kan skryf.
  • Getikte notas is meer leesbaar vir die van ons wie se handskrif soms handuitruk.(groot voordeel!)
  • Jy kan spesifieke terms “soek” en opspoor
  • Jy kan gebruik maak van handige funksies soos “copy”, “paste” en “auto-” tipe funksies.
  • Dit kan uitgedruk word en lyk mooi nes ‘n gedrukte boek s’n.
  • Dit is netjies en georganiseerd – mits jy dit so hou.
  • Jy kan maklik en vinnig notas deel met getroue studievriende
  • Jy kan groot hoeveelheid inligting op een plak stoor – veral as jy “cloud storage” gebruik soos Google Drive, OneDrive, DropBox ens.

Nadele

  • Rekenaars, tablets en selfone kan virusse kry en jy kan sonder waarskuwing AL jou werk verloor.
  • Baie van ons beweeg in omgewings rond waar jou laptop, tabletrekenaar of selfoon gesteel kan word.
  • Iemand kan moontlik jou notas steel – onwaarskynlik, maar moontlik
  • Komplikasies met bedryfstelsel (Operating system / OS) probleme – veral as jou stelsel nie versoenbaar is met die skool, universiteit of kollege s’n nie.
  • Tegnologie benodig krag, batery of direkte elektrisiteit en Beurtkrag is nou eenmaal deel van Suid-Afrika se werklikheid.
  • Iets wat my persoonlik die laaste ruk pla is Windows 10 wat tydig en ontydig opdateer, sonder om my te waarsku en dan moet ek ophou werk of super lank wag voor ek weer my rekenaar kan gebruik. Dit is ‘n groot steurnis, veral as dit tydens ‘n klas gebeur waar mens wil notas neem.

Handgeskrewe Notas (Handbetroubare notas)

Voordele

  • Dit is 100% uniek aan jou manier van dink.
  • Jy kan baie makliker en vinniger diagramme teken as wat jy dit in ‘n spesiale program kan doen. Veral met wiskundeige formules.
  • Dit is altyd beskikbaar – selfs in die donker.
  • Pen en papier gebruik nie elektrisiteit nie.
  • Definitief baie goedkoper (Ek sluit nie hoer graad skryfbehoeftes hier in nie – geen Parker penne of sierskrif pene nie)
  • Dit is ‘n konkrete manier kan kennis neerpen. Dit fasiliteer die verwerking van inligting deur jou brein.

Nadele

  • Jy kan los papiere verloor, moontlik ‘n boek verle of iewers vergeet
  • Handgeskrewe notas is baie keer plek-plek onleesbaar. Of soms net heel te mal onleesbaar.
  • Jy kan nie ‘n woord “soek” nie – dit neem tyd om iets te soek.
  • As jy nie ‘n organisasie sisteem het nie – kan jy niks vind nie.

Die Goue middeweg

 

Ek wil graag glo dat daar ‘n goeie middeweg is, maar soms kan jy net daarna strewe. Ek gebruik 3 aspekte wanneer ek oorweeg om elektroniese of handgeskrewe notas wil maak.

1. Oorweeg hoe die inhoud gebruik sal word.

Indien jy bywoordbeeld ‘n teoretiese konsep onder die knie moet kry, skryf dit uit met die hand. Op hierdie manier is daar ‘n meer direkte koneksie vanaf jou brein na die skep van die notas. Jou eie hand pen inligting neer, in jou eie woorde en die kennis word deel van jou verstaanproses. Sou jy bevoorbeeld 5 verskillende romans moet lees en die teorie daarop toepas, maak  opsommings van die roman in elektroniese formaat. Nou kan jy spesfieke terme “soek” en moontlik aanhalings naspoor afhangend van hoe gedetaileerd jou opsommings was. Daarom besluit eers of jy iets moet verstaan of leer en of jy bloot inligting bymekaar moet maak.

2. Die hoeveelheid inligting.

Indien jy 12 Volumes van ‘n ou Latynse teks moet lees en mee worstel – gebruik die tegnologie tot jou beskiking. Probeer selfs ‘n e-kopie in die hande kry en maak notas en onderstreep in die teks met kantnotas. Sou die hoeveelheid inligting min tot selfs redelik baie wees, oorweeg hoeveel jy kan hanteer om met die hand te skryf.

3. Sekuriteit!

Belsuit hoe belangrik die inligting vir jou is en hoe jy dit wil bewaar. Ongelukkig is tegnologie ook feilbaar – as jou laptop die blou skerm van die dood opdis en jy in ‘n koue sweet uitslaan, bele in rugsteunkopiee en kom maar in die gewoonte van rugsteunkopiee maak elke week of elke dag. Onthou ook die “Wolkdienste” – dit is redelik betroubaar ( as jy nie omgee dat iemand iewers op die donkerweb waarskynlik alles kan lees nie). As jy meskien aan ‘n projek werk, ‘n boek of tesis, probeer om jou idees in jou handskrif te doen – plagiaat is moeiliker as die dief eers jou handskrif moet ontsyfer en dan namaak.

Hierdie 3 aspekte is wat my eie keuses gelei het, veral omdat ek nie in ‘n era skoolgegaan het of op universiteti was waar tegnologie so prominent was nie. Ek het in my 1ste jaar op universiteit eers ‘n skootrekenaar gekry en eers in my nagraadsestudies ‘n tablet waarvoor ek ‘n hele Desember vakansie en Januarie tydens die registrasietydperk moes werk. Dus is dit vir my ‘n  doebewuste aanpassing en keuse hoe ek wat wil gebruik.

Ek gebruik tans elektroniese notas vir teksintensiewe navorsingsnotas. Dis inligting waarvan ek rekord moet hou, dalk hier en daar ‘n feit moet onthou, maar nie ‘n dieper verstaan van moet he nie. Vir teoretiese en konseptionueele navorsing gebruik ek handeband notaboeke ( ek probeer lospapiere vermy – ek verloor dit eenvoudig net). Ek eksperimenteer nog tussen A4 en A5 grootte notaboeke, maar handgeskrewe notas wen meeste van die tyd.

Ek hoop my bespreking help jou om die gepaste keuse te maak wat vir jou die beste sal werk. Lekker skryf of tik…

Advertisements

One thought on “Elektroniese Notas of Handgeskrewe Notas

Add yours

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Powered by WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: