Waar is die PhD?

Ek het nie van die aardbol afgeval nie, maar die trein het tydelik so bietjie
ontspoor.

Daar het ‘n paar administratiewe foute en struikelblokke ingesluip, asook ‘n
paar gate in my teoretiese kennis het hulself ontbloot. Dus, tussen die fiinansiele, akademiese en praktiese probleme, het ek besluit om vir eers net navorsing te doen op my eie tyd sonder druk van beurse ens..

Ek gaan nie afsien van my navorsing of die idee(s) vir my PhD-tesis nie. Al verloop dinge nie presies soos ek beplan het nie. Al wat dit beteken is ‘n nuwe plan met nuwe benaderings.

Gelukkig kan planne aangepas word. So in my eie tyd is ek ‘n navorser. Ek lees, spoor interessante en relevante konsepte na, skryf idees en
anhalings neer en verwerk dit in (hopelik) samehangende argumente neer. As dinge opkoers bly, behoort ek ‘n nuwe voorlegging te hê binne die volgende jaar. Maar dit is die beste uitkomste. Die lewe het die nare neiging om klippe in ‘n mens se pad te rol en soms neem dit meer tyd in beslag om hulle uit jou pad te kry as wat jy gereken het.

So leer mens met stampe en stote, alhoewel sommige van ons eers op ons gesig moet val.

Hierdie tipe plasings sal sporadies wees, maar daar sal elke week ‘n nuwe plasing onder studie wees. Hou dus ‘n ogie op daar die kategorie.

Groete

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Powered by WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: