Studiegereedskap

Hierdie inskrywing word gewy aan die beginners. Eerstejaar universiteitstudente, hoërskool leerders, selfs laerskool leerders en vir

enigeiemand wat oorweldig voel deur al die inligting wat jou brein moet verwerk en onthou.

Natuurlik is daar die “ek was my hande in onskuld” klousule: hierdie tegnieke en gereedskap het vir my gewerk. Dit beteken nie dit sal net so goed vir jou

werk sonder ‘n aanpassing of twee nie. Elke persoon se brein is uniek en werk anders. Gebruik dus wat vir jou werk en gooi die res by die venster uit!


Skryfbehoeftes

Hierdie is die gereedskap wat almal nodig het en kom ons begin by die begin.

*  Notaboeke – Skoolboeke

*  Skryfblokke – As jy lospapiere met ‘n leêr verskies

*  Pons ( Punch) vir die wat dinge in ‘n leêr wil jou.

*  Kramdrukker (Stapeler) vir losdinge wat saam hoort.

*  Penne (Swart/blou)

*  Potlode ( Dalk een 2B potlood vir notas in handboeke – dit is donkerder en vee makliker uit, mits jy nie te hard druk nie)

*  Kleurpenne, -potlode, fineliners of koki’s – nes jy verskies.

*  Highlighters (merkerpenne of inkleurderpenne) – maksimum van 4 kleure. Anders gaan mens oorboord en dit help om kleure te assossieer met spesifieke funksies.

*  Uitveer, skerpmaker een liniaal.

*  Potloodsakkie – om alles bymekaar te hou (of ‘n spacekace/potlodblikkie vir die nerds onder ons)

Indien jy op universiteit is en toegang het tot ‘n skootrekenaar of tablet ( nie almal is so bevoorreg nie), kan ek aanbeveel om getikte weergawes van jou notas te hou.

Dit kom baie handig te pas in die eksamentyd as jy betroubare studiemaats het en notas wil uitruil. Ook as jy inligting in ‘n opstel moet gerbuik, is copy-paste nogal ‘n redding.

Ek moet ook noem dat handgeskrewe notas in my boek altyd sal wen. Ek beveel aan dat jy klas toe gaan met ‘n nptasbek en papier. Neem jou eerstehandse notas in persoon op papier met pen. Geen virusse kan dit opeet of beurtkrag kan dit onderbreuk nie.  Meer hieroor in ‘n volgende plasing…

Spinnekop-diagramme (Mindmaps)

Wat en Hoe?

Dit is seker die 1ste studie metode wat jy leer op skool. Moet dit nie gering skat nie – ek het al hele romans en digbundels so opgesom vir myself. Ek beveel A4 of A3 papier aan en as dit nood druk gewone skryfblokpapier. Jy kan jou diagram dan weer in ‘n A4 grote leêr bere sonder om dit te beskadig. Ek het gevind dit werk goed om konsepte bymekaar te trek en met eenslag te kan sien. Ek het dit veral vir biologie en Aardrykskunde gebruik. Hier kan jy ook lekker te kere gaan met kleur. Ek hou darvan om assossiaties te maak met spesifieke kleure, bv. Rooi is supre belangrike inligting, Blou is definisies ens.

Daar is ook ‘n program aanlyn beskikbaar as jy meer van ‘n tegno-tipe leerder is genaamd coggle ( Coggle Mindmaps ). Ek het dit al per geleenthied gebruik, maar verkies steeds pen en papier.

Goed vir:   Geskiedenis, Geografie (Aardrykskunde), Lewenswetenskappe (Biologie), Rekenaarvakke (RTT/IT), die letterkundige aspekte van tale (Afrikaans, English, ens)

 

Flitskaarte (Flash cards)

Wat en Hoe?

Hier het jy ‘n keuse om retro te gaan met fisiese kaarte wat jy aan beide kante op skryf: aan die 1 kan ‘n definisie en aan die anderkant ddie term. Of jy kan ‘n app op jou foonlaai soos Anki of Quizlet. My persoonlike voorkeur is Quizlet, omdat hulle meer flexible is.

Goed vir:  Termenologie – al daardie grootwoorde in leervakke soos Lewenswetenskappe, Fisiese wetenskappe, Tale, Geskiedenis, Toerisme, Musiek, Kunsgeskiendenis,

 

Opsommings (Summaries)

Wat en Hoe? 

Hierdie is seker die mees algemene manier om jou werk te leer en te “memoriseer”. Die belangrikste aspek omtrent hierdie studiegereedskap is dit bedoel is om groot hoveelhede inligting, konsepte en prosesse saam te vat of meer kompak te maak. Anders gestel, jy is veronderstel om 5 bladsye se inligting in 3 of minder bladsye te kan opsom. Die ander aspek is dat opsom nie betekend lang paragrawe nie, maar selfs sketse en diagramme of puntsgewyste lyste. 

Goed vir: Geskiedenis, Geografie (Aardrykskunde), Rekenaarvakke (RTT/IT), Tale, veral waar verhaal elemente in groot hoeveelhede onthou moet word of vir karakters, plekname ens. Dit is ook handig vir Lewenswetenskappe (biologie) en Natuurwetenskappe / Fisiese wetenskappe waar prosses en chemiese kombinasies en veranderings verstaan en gememoriseer moet word. Selfs Wiskunde kan hierby baat deur byvoorbeel al die belangrike stellings en formules op ‘n enkele bladsy (voor en agter) op te som.  

Hierdie studiegereedskap en hoe om dit te gebruik is slegs my manier van studeer en werk, spesifiek in my skool- en voorgraadse studies. My metodes wat ek tans gebruik is besig om bietjie vir bietjie te verander, omdat ek nou werk om ‘n doktorale studie van die grond af te kry. Dit is ‘n monster van ‘n ander aard. Dus as jy enige raad of kommentaar het, of dalk ‘n metode of stuk gereedskap het wat ek nie genoem het nie – deel dit gerus en ek las dit by.

Sterkte met al die studies vir die jaar wat voorlê.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Powered by WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: