Hoe ek my dag organiseer

1. Google Calendar

Hierdie is my vinnigste en maklikste manier om belangrike datums en afsprake – veral afsprake neer te pen. Jy kan hiermee herinnerings vir jouself stel om jou ‘n uur of paar minute voor die tyd te herinner van ‘n afspraak. Ek gebruik hierdie toepassing al die afgelope 5 jaar as my hoof kalender op my rekenaar, foon en tabletrekenaar.

2. Google Keep

Hierdie brokkie google-tegnologie het my al vele kere gered. Jy kan verskeie lysies maak en afhangende van jou slimfoon, tablet, iPad of rekenaar se vermoëns kan jy handgeskrewe notas ook maak. My persoonlike voorkeur is die afmerk funksie. Ek gebruik dit om tred te hou met my biblioteekboeke en dit betyds in te gee, lysies vir take asook om skryfstukke opdatum te hou. Ek het hierdie toepassing op beide my slimfoon en tablet. Jy kan dit ook op die web gebruik vanaf jou rekenaar.

3. Dagboek

Ek weet ek het begin met al die tegnologiese opsies en dat ons in 21ste eeu leef, maar hierdie stuk gereedskap is steeds belangrik. Jy skryf nog steeds alle belangrike datums hierin neer, afsprake, eksamens en sperdatums. Dit hoef nie ‘n groot boek te wees nie, ‘n A5 of A6 boekie sal ook doen, nes jy verkies. Die plus punt hiervan is dat ‘n dagboek se battery nie pap word nie en nie afhanklik is van Eskom-sous nie.

Ek gebruik al vandat ek skool verlaat het ‘n A5 Dag-per-bladsy dagboek. Hier kan ek my daaglikse te-doen-lysie maak, net vinnig noteer wat ek vir aandete, ‘n vergadering of afspraak moet doen of saamneem. ‘n Goeie vriendin hou ook daarvan om aan die einde van die dag net vinnig neer te skryf wat sy deur die dag gedoen gekry het – ‘n gewoonte wat ek die laaste paar maande probeer aanleer. Dinge soos; vergadering gekanseleer en verskuif, dr. afspraak vir oogprobleem of griepinspuiting by apteek gekoop. Hierdie tipe klein notatjies kom handig te pas as jy om die een of ander rede nie kan onthou wanneer jy iets gedoen het nie. Veral as dit by vervaldatums, rekeninge en terugbetalings kom.

4. Maandelikse Kalender (Gedrukte kopie)

Daar is vele opsies beskikbaar om af te laai, maar dit is belangrik om dit te gebruik en nie net vir die mooi teen jou muur te plak nie. Jy kan die hele maand sien en slegs 1 maand vooruit, sodat jy nie jouself oorweldig nie. My sterkste aanbeveling is om alle afsnydatums, eksamens, opstelle of take se belangrike datums hierop te skryf. Sodoende sal jy lank voor die tyd kan sien wat wanneer moet gebeur.

5. Klein notaboekie

Laastens is daar altyd ‘n klein notaboekie in my rugsak, handsak of partykeer selfs broeksak. Ek het my doelwitte, leeslys, gesondheidsdoelstellings en fokuspunte voor in hierdie boekie. Daarna het ek belangrike inligting wat ek moet gebruik of onthou; adresse, name, telefoonnommers, webtuistes of idees wat ek net vinnig neerpen. Mens kry altyd op die mees ongeleëste tye idees. Of iemand stel ‘n produk of diens voor en jy is haastig. Glo my, die klein maar getrainde boekie gaan nog jou bas red.

Algemene raad

Ek weet nie alles nie. Hierdie raad is slegs gebasseer op wat ek vir die afgelope paar jaar gebruik en my help om nie tred te verloor met al my verpligtinge nie.

Laat weet my gerus as jy enige ander wenke het. Ek is gedurig besig om my sisteme te probeer verbeter.

Advertisements

One thought on “Hoe ek my dag organiseer

Add yours

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Powered by WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: