Sorry, not sorry

Vrydag, 12 Januarie 2018

Hello,

Ek het gister die blog ‘n skip gegee, grootliks omdat die dag bietjie van sy spoortjie afgeloop het. Ek het so te sê niks gedoen gekry nie.

In kort was Donderdag die warmste dag nòg in die Kaap en ons het massa wasdag gehad – beddegoed, nuwe klere en alles en nog wat. So basies klein bietjie leeswerk en darm 40 minute se fietsry en 7 minute se yoga ingekry.

Woensdag was toe ‘n flippen besige dag. Ek het vroeg klaar gemaak met die eksamens en toe ‘n baie lekker “brunch” gehad saam met my kollega wat nou ook ‘n liewe vriendin is. Toe gaan vlieg ek deur ‘n paar klerewinkels opsoek na dringende benodighede voor klasse, werk en PhD dinge volstoom begin. Daarna het ek ‘n vinnige, laat mddagete met my beste pêl in die wêreld gehad. Ek en my ouers het ook ‘n kuier by huisvriende ingewerk.

Vandag het ek nog ‘n teoretiese hoofstuk klaar opgesom (handrolies), al wat ek nou moet doen is om dit in te las by in die elektroniese kopie.

Die ontwerpe vir my kollegas se kerspresente is ook gedoen. Al wat nog gedoen moet word is om die werklike bekers te versier en te bak.

Overall, not a bad friday!

Volgende week woon ek ‘n kongres by, so dalk sien ons ‘n video blog iewers volgende week….

 

Groete

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Powered by WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: