Die Afrikaanse Student

Nerd Literêr is ‘n plek waar jy wyd uiteenlopende dinge bymekaar sal vind – soos die titel self reeds ‘n paradoks vorm.

Hier kan die Afrikaanse student wenke en raad oor verskillende onderwerpe vind. Van opstelle, studie wenke, produktiwiteit, leefstyl en gesondheid tot wenke oor jou geldsake.


Wenke oor akademiese opstelle en hoe om te oorleef as ‘n Afrikaanse student in ‘n grootendeels Engelse omgewing. Dit is moontlik en hopelik help Nerd Literêr  om die pad bietjie meer gelyk te maak.


Soos gewaarsku in die 1ste paragraaf oor uiteenlopende dinge, is daar boek- en fliekresensies vir leesplesier.


As Nagraadse navorser gee ek raad omtrent algemene navorsingspraktyke, waarskuwings oor moontlike slagate en algemene wenke.

Hierdie webruite bestaan, omdat daar ‘n behoefte is aan raad en leiding vir studente. Veral Afrikaanse studente wat die universiteit betree en sukkel om die sprong tussen skool en universiteit te maak.

Laastens is daar foto’s te sien of besoek my Instagram-blad Instagram – nerdliterer . Daar is nog interessante goed om na te kyk.

 

Advertisements

Powered by WordPress.com.

Up ↑